Subiaco Ovaal

Subiaco Ovaal
Die Subiaco Ovaal tydens 'n Australiese Voetbalwedstryd in 2004

Bynaam Domain-stadion
Ligging Robertsweg, Subiaco, Wes-Australië
Koördinate 31°56′40″S 115°49′48″O / 31.94444°S 115.83000°O / -31.94444; 115.83000
Eienaar Wes-Australiese Regering
Operateur Wes-Australiese Voetbalkommissie
Kapasiteit 43 500[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1908
Gebou 1908
Boukoste 1991 Herbou – AU$45 miljoen
Argitek Verskeie
Huurders
Fremantle Dockers (Aussie Rules) (1995–huidig)
Weskus Arende (Aussie Rules) (1987–huidig)
Australiese nasionale voetbalspan (Aussie rules)
Wallabies (Rugby)
Western Force (Rugby) (2006–2009)

Die Subiaco Ovaal (ook Domain-stadion weens borgskapredes[2]), in volksmond ook bekend as Subi, is die grootste sportstadion in Perth, Wes-Australië. Dit is geleë in die voorstad Subiaco, ongeveer drie kilometer van Perth se sentrale sakegebied.

Die Subiaco Ovaal word hoofsaaklik gebruik vir Australiese Voetbalwedstryde en dit is die tuisveld van die Weskus Arende en Fremantle Voetbalklub, die twee Wes-Australiese spanne in die Australiese Voetballiga. Die stadion word ook soms gebruik vir Wes-Australiese Voetballigawedstryde. Die stadion word nie eksklusief vir voetbalwedstryde gebruik nie en ook al 'n paar eindstryde van die Nasionale Sokkerliga, internasionale rugbywedstryde (waaronder wedstryde in die Rugbywêreldbeker 2003) en Internasionale Reëls-wedstryde, en ook 'n paar musiekkonserte, aangebied. In 2006 het dit ook die tuisveld van die Super 14 span in Perth, die Western Force, geword. Die Force het in 2010 na die Perth Ovaal geskuif.

  1. (en) GHD Pty Ltd (Mei 2009) Subiaco Oval: Remaining useful life assessment Geargiveer 12 September 2009 op Wayback Machine
  2. "Domain takes over as new naming rights sponsor at Subiaco Oval" (in Engels). WA Today. 9 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2018. Besoek op 9 Februarie 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy